top of page

van die hand na die mond

Writer's picture: Corine RaathCorine Raath

(geskryf gedurende kwarantyn 2020)

Foto: Deon Raath

'n taxi het vanoggend met sy

(meer as 4) insittendes oor

'n rooi lig gejaag

die pad was grafstil

en êrens het 'n haan drie maal gekraai


in die townships was dit

business as usual met

sweetdampe wat in jou neus opslaan

soos iemand soos gewoon

minderas1.5naby aan jou kom staan


in 'n spaza sit 'n man sy voet verkeerd

en laat die pap uit 'n ander se greep glip

die sak nies oor die vloer:

selfs die mieliemeel nou

tot rommel afgegradeer

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

©2020 by Op Skrif. Proudly created with Wix.com

bottom of page