top of page

best before

Writer's picture: Corine RaathCorine Raath

jy het altyd daarvan gedroom

om groot te word

alleen te woon

jou eie geld te verdien

maar noudat jy dit het het die liggies hul kleur verloor

met belasting versekering diefwering


jy moes die brand van jou eerste

sluk alkohol vir sooibrand verruil

bokspap vir boksies pille

(jou hart gee weer moeilikheid)


jy was toe altyd net deel van 'n massaproduksie

besig om jou best before te bereik

nou is jy weer bang vir die donker

maar een wat sy arms vir ewig om jou sal sluit

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

©2020 by Op Skrif. Proudly created with Wix.com

bottom of page